
Gemengde media en fynkuns
Lizette Nel
“Ek is ’n mens van die aarde.”
Dié liefde lê soos ’n goue draad deur Lizette Nel se kuns. Haar belangstelling in portrette en die natuur kom na vore in aardse kleure, sagte teksture en onderwerpe wat meer vertel as wat die oog met die eerste oogopslag sien.
Met sagte bruin- en groenskakerings en warm neutrale kleure skep sy ’n gevoel van rus, verbondenheid en tuiskoms. Sy eksperimenteer ook met lyn, kant en borduurwerk, wat nuwe teksture en betekenis aan haar teken- en skildertegnieke gee.
Geloof, familie en lewenservarings gee haar werk diepte. Deur haar eerlike, menslike benadering herinner Lizette ons dat selfs ná verlies daar steeds skoonheid is om raak te sien en hoop om te ontdek.
Aan die muur
Kranspoort Kunsuitstalling, November 2026
Kom ontdek Lizette se werk self by die uitstalling.
Vra oor die uitstalling